Robert Oppenheimer

Julius Robert Oppenheimer (22 April 1904 – 18 Februarie 1967) was 'n Amerikaanse teoretiese fisikus van Joodse afkoms en professor in fisika aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Hy word dikwels gesien as die "vader van die atoombom" vir sy rol in die organisasie van die Manhattan-projek, die navorsings- en ontwikkelingsonderneming wat die eerste kernwapens geskep het. Die eerste atoombom is op 16 Julie 1945 in Nieu-Meksiko ontplof; Oppenheimer het later opgemerk dat hy gedink het aan woorde uit die Bhagavad Gita: "Now I am become Death, the destroyer of worlds."


Developed by StudentB